Inskrywings

Baie belangrik:

Slegs die ouer of wettige voog van ʼn kind mag die aanlyn inskrywingsvorm voltooi, kinders mag onder geen omstandighede die vorm self voltooi nie. Die kampdagbestuur van Wilgedraai Voortrekkerkamp behou die reg voor om enige inskrywing, sonder ʼn opgaaf van redes, te weier.

Sperdatum vir inskrywings

Vrydag 8 September 2023 (Inskrywings sal na hierdie datum gesluit word en geen verdere inskrywings sal aanvaar word nie.)

Betalings

Betalings word deur Wilgedraai Voortrekkerkamp self hanteer en nie deur die kommando’s nie. Vir afbetalingsopsies en -reëlings kan Nicoleen Thirion gekontak word by administrasie@wilgedraai.co.za.

Bankbesonderhede

Rekeningnaam: Wilgedraai Voortrekkerkamp
Bank: FNB
Regeningnommer: 623 830 880 88
Takkode: 205 609
Verwysing: Soos verskaf met die voltooiing van die inskrywingsvorm.

Bewys van betaling moet gestuur word aan inskrywings@wilgedraai.co.za.

Wilgedraai geen tjeks of kontant aanvaar nie en kwitansies sal op versoek uitgereik word.

Aanmelding

Saterdag 30 September 2023 om 10:00 vir alle kampeerders.

Alle volwassenes moet reeds Vrydag 29 September 2023 om 18:00 op die kamp aanmeld. Spesiale reëlings moet direk met die Kampleier getref word indien ʼn volwassene laat gaan aanmeld.

Vertrek

Saterdag 7 Oktober 2023 om 12:00 vir alle kampeerders. (Indien jy en/of jou kind die kamp vroeg moet verlaat, moet daar vooraf met die Kampleier ʼn reëling getref word. Niemand mag die kamp sonder toestemming verlaat nie.) Let daarop dat al die kursusse ʼn minimum bywooningsperiode het en indien jou kind nie vir ten minste daardie periode die kursus bygewoon het nie, mag Wilgedraai Voortrekkerkamp nie die betrokke kenteken toeken nie.

Terrein

De Bank Voortrekkerkampterrein (klik op die skakel vir die aanwysings.)

Vervoeropsies

Sien Wilgedraai Voortrekkers se inskrywingsvorms om vir jou of jou kind ʼn plek op die bus te bespreek. Indien daar nie van die kamp se busvervoer gebruik word nie, moet jy vir jouself of jou kind vervoer reël na en van die kamp.

Die volgende vervoer opsies is beskikbaar:

Beskrywing Koste
Opsie 1 Eie vervoer R0,00
Opsie 2 Busvervoer (retoer) R390,00
Opsie 3 Busvervoer (enkelrit) R275,00

Busse vertrek Saterdag 30 September 2023 om 08:00 vanaf Hoërskool Menlopark, stop by die Highveld Engen 1 Stop en vertrek om 09:00 na die kamp. Busse vertrek Saterdag 7 Oktober 2023 om 12:00 vanaf die kamp, stop om 14:00 by die Highveld Engen 1 Stop en arriveer om 15:00 by Hoërskool Menlopark.

Verblyf

Kinders moet hulle eie tente saambring. Dit moet verkieslik ʼn twee- of driemantent wees. Ons kry van tyd tot tyd ʼn donderstorm so daar word aanbeveel dat genoeg ordentlike tentpenne saamgebring word. Wilgedraai Voortrekkerkamp voorsien nie tente vir verblyf nie. Ons beveel verder ook aan dat tente nie deur kampeerders gedeel word nie om sodoende sosiale afstand te behou.

Daar is beperkte slaapplekke in die chalets en houthuisies vir volwassenes. Slaapplek sal toegeken word soos volledige inskrywings en betalings verwerk word. Indien ʼn volwassene nie in ʼn chalet of houthuisie wil bly nie, moet hulle self ʼn tent of karavaan saambring.

Kursusse

Kursus Spesialisasiekentekens Maksimum Graad Koste
Oewervernuf Oewervernuf (O) 15 Gr. 7 R1 500
Varswaterkunde Varswaterkunde (O)
Waterveiligheid (B)
Riviere (O)
40 Gr. 8 R1 500
Roeikunde Roeikunde (V)
Waterveiligheid (B)
40 Gr. 9 R1 500
Varswaterhengel Varswaterhengel (V)
Waterveiligheid (B)
15 Gr. 9 en 10 R1 700
Seilkuns Seilkuns (V)
Seilvernuf (V)
36 Gr. 10 R1 700
Kampmedia Kampkommunikasie (B)
Fotografie (V)
15 Gr. 9, 10 en 11 R1 550
Ruiterkuns Ruiterkuns (V)
Anglo-Boereoorlog (A)
20 Gr. 10, 11 en 12 R2 100
Vaandrigte Waardes (C)
Leierskapsvaardighede (L)
Selfverdediging (B)
Tradisionele Spele (A)
5 Gr. 10. 11 en 12 R1 500
Motorbootkunde Motorbootkunde (V)
Waterveiligheid (B)
10 Gr. 11 en 12 R1 990
Selfbehoud Waterselfbehoud (B) 36 Gr. 11 en 12 R1 500
Kampsteun Volwassenes R900

 

Inpaklyste

Inpaklyste sal spoedig hier gepubliseer word.

Snoepie

Daar sal deur die loop van die kamp ʼn snoepie beskikbaar wees. Hierdie snoepie is egter kontantloos. Ouers kan vir hulle kinders snoepiegeld oorbetaal deur middel van ‘n EFT in ons bankrekening. Hierdie geld sal dan op die Verkenner se bandjie (wat hulle by registrasie ontvang) geplaas word. Hierdie bandjie se strepieskode word dan gebruik om te betaal vir items by die snoepie. Ouers kan selfs gedurende die kamp nog snoepiegeld deur middel van hierdie proses vir hul kinders laai.

Algemene navrae

Navrae kan aan navrae@wilgedraai.co.za gestuur word. Van daar sal dit na die betrokke kampbestuurslid verwys word, wat dit sal opvolg.