Wilgedraai Waterwerkkamp – Inskrywings Sluit Vandag!

Inskrywings vir Wilgedraai Waterwerkkamp 2013 sluit vandag!

Met 22 dae om te gaan, is die tyd feitlik op om in te skryf. Indien jy nog nie jou inskrywing vir ons gestuur het nie, besoek dadelik ons webblad by http://www.wilgedraai.co.za/briewe-en-vorms/ en laai die nodige briewe en vorms af.

Voltooi dit dadelik! En stuur dit aan inskrywings@wilgedraai.co.za

Ons sal binne die volgende twee weke al die inskrywings, wat ons ontvang het, bevestig met die onderskeie kommando’s en ouers, by die e-posadresse wat voorsien is op die inskrywings. Indien jy nie bevestiging ontvang nie, maar wel ingeskryf het, kontak vir Christina Steenkamp by administrasie@wilgedraai.co.za.

Met baie opgewondenheid sien ons daarna uit om jou op Wilgedraai Waterwerkkamp 2013 te verwelkom. Moenie uit mis op ‘n week se ontvlugting van die skool, universiteit of werk, saam met jou beste vriende nie.

JY KAN NIE LANGER WAG NIE! SKRYF NOU IN!

Vriendelike Groete

Wilgedraai Waterwerkkamp – die kamp waar jy jouself mag wees…