Wilgedraai 2018 Kampinligting

Hier volg die kampinligting vir die 2018 Wilgedraai Voortrekkerkamp:

Inpaklys:
Klik hier vir die inpaklys.
Inskrywings: Inskrywings word elektronies deur middel van Wilgedraai se webblad hanteer en nie deur kommando’s nie. Sien asseblief die Inskrywingsprosedure vir aanwysings van hoe om in te skryf. Nadat die die winkelwaentjie betaal is (en jy ‘n bestellingnommer het) moet jy die inskrywingsvorm vir elke Wilgedraaier voltooi.
Betalings: Betalings word elektronies deur middel van Wilgedraai se webblad hanteer en nie deur kommando’s nie. Geen inskrywing kan gefinaliseer of geproseseer word sonder dat die betaling gemaak is nie. (Indien daar ʼn probleem is en betaling kan nie direk gemaak word nie, kontak asseblief die kampleier om die inskrywing te finaliseer.) Sien asseblief die Inskrywingsprosedure vir aanwysings van hoe om te betaal.
Sperdatum vir Inskrywings: Maandag 10 September 2018 (Inskrywings sal na hierdie datum gesluit word en geen verdere inskrywings sal aanvaar word nie.)
Aanmelding: Saterdag 29 September 2018 om 10:00 vir Seilkuns, Selfbehoud en Vaandrigte.
Sondag 30 September 2018 om 10:00 vir die res van die kursusse.
Vertrek: Saterdag 6 Oktober 2018 om 11:00 (indien ʼn Wilgedraaier die kamp vroeg moet verlaat, moet daar vooraf ʼn reëling met die Kampleier getref word – niemand mag die terrein sonder toestemming verlaat nie). Let daarop dat al die kursusse ʼn minimum bywoningsperiode het en indien ʼn Verkenner nie vir ten minste daardie periode die kursus bygewoon het nie, kan Wilgedraai Voortrekkerkamp nie die betrokke spesialisasie mag toeken nie.
Terrein: De Bank Voortrekkerkampterrein (langs die Vaaldam net buite Oranjeville in die Vrystaat).
Aanwysings: Besoek Wilgedraai Waterwerkkamp se webblad by http://www.wilgedraai.co.za/terrein/. Let asseblief daarop dat jy slegs met die Metsimaholopad by die kampterrein kan uitkom.
Vervoer: Sien Wilgedraai Voortrekkerkamp se aanlyn winkel om ʼn buskaartjie te koop by http://www.wilgedraai.co.za/product-category/busvervoer/. Indien jy nie van die busvervoer gebruik wil maak nie, moet jy self vervoer na en van die kamp reël. Let daarop dat jy op Wilgedraai Voortrekkerkamp se webbladsy ingeteken moet wees om toegang te verkry na die aanlyn winkel.

Die volgende vervoeropsies is beskikbaar:

Eie vervoer.
Opsie 1
DATUM TYD PLEK KOSTE
Sa. 29 Sept. 07:00 Vertrek vanaf: Hoërskool Menlopark, Rosemary Straat, Pretoria (retoer) R380
Sa. 29 Sept. 08:00 Vertrek vanaf: Highveld Engen 1 Stop op R21S, Kemp­tonpark (retoer) R380
Sa. 6 Okt. 13:00 Arriveer by: Highveld Engen 1 Stop op R21N, Kemp­ton­park (retoer) R380
Sa. 6 Okt. 14:00 Arriveer by: Hoërskool Menlopark, Rosemary Straat, Pre­toria (retoer) R380
Opsie 2
DATUM TYD PLEK KOSTE
Sa. 29 Sept. 07:00 Vertrek vanaf: Hoërskool Menlopark, Rosemary Straat, Pretoria (een rigting) R220
Sa. 29 Sept. 08:00 Vertrek vanaf: Highveld Engen 1 Stop op R21S, Kemp­tonpark (een rigting) R220
Opsie 3
DATUM TYD PLEK KOSTE
So. 30 Sept. 07:00 Vertrek vanaf: Hoërskool Menlopark, Rosemary Straat, Pretoria (retoer) R380
So. 30 Sept. 08:00 Vertrek vanaf: Highveld Engen 1 Stop op R21S, Kemp­tonpark (retoer) R380
Sa. 6 Okt. 13:00 Arriveer by: Highveld Engen 1 Stop op R21N, Kemp­ton­park (retoer) R380
Sa. 6 Okt. 14:00 Arriveer by: Hoërskool Menlopark, Rosemary Straat, Pre­toria (retoer) R380
Opsie 4
DATUM TYD PLEK KOSTE
So. 30 Sept. 07:00 Vertrek vanaf: Hoërskool Menlopark, Rosemary Straat, Pretoria (een rigting) R220
So. 30 Sept. 08:00 Vertrek vanaf: Highveld Engen 1 Stop op R21S, Kemp­tonpark (een rigting) R220
Opsie 5
DATUM TYD PLEK KOSTE
Sa. 6 Okt. 13:00 Arriveer by: Highveld Engen 1 Stop op R21N, Kemp­ton­park (een rigting) R220
Sa. 6 Okt. 14:00 Arriveer by: Hoërskool Menlopark, Rosemary Straat, Pre­toria (een rigting) R220
Verblyf: Verkenners moet hulle eie tente saambring. Dit moet verkieslik ʼn twee- of driemantent wees. Ons kry van tyd tot tyd ʼn donderstorm so bring genoeg tentpenne saam. Wilgedraai Voortrekkerkamp voorsien nie tente vir verblyf nie.
Daar is beperkte slaapplekke in die chalets en houthuisies vir volwassenes. Slaapplek sal toegeken word soos volledige inskrywings verwerk word. Indien ʼn volwassene nie in ʼn chalet of houthuisie wil bly nie moet hulle self ʼn tent of karavaan saambring.
Divisies: Meer inligting oor die kursusse wat Wilgedraai bied besoek gerus http://www.wilgedraai.co.za/divisies/.
Kostes: Die bogenoemde koste sluit in:

  • Verblyf vir 7 of 8 nagte (afhangende wanneer die Wilgedraaier aanmeld)
  • 21 etes oor die loop van die kamp
  • ʼn Kursuspet
  • ʼn Kamphemp
  • Basiese kursusmateriaal
Aanlyn winkel: Wilgedraaiers kan verskeie items aankoop in Wilgedraai se aanlyn winkel by http://www.wilgedraai.co.za/winkel/. (Die aanlyn winkel sal slegs beskikbaar wees indien jy as gebruiker in geteken is op Wilgedraai se webblad.)
Snoepie: Daar sal deur die loop van die kamp ʼn snoepie beskikbaar wees. Hierdie snoepie is egter kontantloos. Ouers kan vir hulle kinders snoepiegeld oorbetaal deur middel van die aanlyn winkel. Hierdie geld sal dan op die Verkenner se bandjie (wat hulle by registrasie ontvang) geplaas word. Hierdie bandjie se strepieskode word dan gebruik om te betaal vir items by die snoepie. Ouers kan selfs gedurende die kamp nog snoepiegeld deur middel van hierdie proses vir hul kinders laai.
Algemene navrae: Navrae kan aan navrae@wilgedraai.co.za gestuur word. Van daar sal dit na die betrokke kampbestuurslid verwys word, wat dit sal opvolg. Hou asseblief in gedagte dat al die lede van die kampbestuur voltydse werke het en dat hulle tyd beperk is, hulle sal egter so gou as moontlik op jou navraag reageer. Jou begrip in hierdie verband word hoog op prys gestel.
Kontak­besonderhede: Meer inligting oor die kursusse wat Wilgedraai bied besoek gerus http://www.wilgedraai.co.za/kontakinligting/.