Wilgedraai Waterwerkkamp 2017 Sertifikate: Nou Beskikbaar!

Wilgedraai Waterwerkkamp se sertifikate is reeds vroeg vanoggend aan al die adjunkkommandoleier [administrasie] gestuur wie se verkenners hierdie jaar se kamp bygewoon het.

Wilgedraai se kampbestuur het reeds in 2016 al besluit om alle sertifikate slegs elektronies te versprei. Die grootste beweegrede hiervoor is die hoë koste wat daaraan verbonde is om dit professioneel te laat druk. Dit is vir ander kampe maklik om ʼn eenvoudige sertifikaat in swart op ʼn gekleurde stukkie papier te druk maar by Wilgedraai sal sulke halfgebakte pere nie deug nie. Verder is Wilgedraai se sertifikate maklik om elektronies op rekord te hou vir die Presidentsverkennerproses.

Ons het begrip daarvoor dat kommando’s graag erkenning wil gee aan verkenners wat Wilgedraai bygewoon het en vir die kentekens wat hulle verwerf het. Vir hiérdie rede gee Wilgedraai steeds die lapkenteken wat die kommando aan die verkenner kan oorhandig by ʼn gepaste geleentheid.

Hierdie is net nóg ʼn manier waarop Wilgedraai bome spaar en help om hierdie besonderse kamp bekostigbaar te hou vir Voortrekkers oud en jonk.