Verlenging van Inskrywings

Omdat meeste ouers se salarisse van vandag af uitbetaal word, het die bestuur van Wilgedraai besluit om die keerdatum vir inskrywings met ʼn week uit te stel. Dus is die nuwe keerdatum Maandag 4 September 2017.

Ons is bewus daarvan dat daar nog ʼn ou bladsy was wat aangedui het dat die inskrywings reeds gesluit het, dit is egter nie die geval nie.

Hierdie jaar vier Wilgedraai Waterwerkkamp ons 30ste bestaansjaar. Soos oudergewoonte word Wilgedraai aangebied op die goue strande van die Vaaldam en bied elkeen die geleentheid om ʼn bietjie te kom ontspan voor die laaste kwartaal. Wilgedraai is ʼn avontuur belaaide kamp waar almal pret op en langs die koel waters van die Vaaldam het.

SKRYF NOU IN OM TELEURSTELLING TE VOORKOM.

Ns. Motorbootkunde is ongelukkig reeds vol. Daar is egter baie ander opwindende kursusse beskikbaar vir Gr. 10 en 11 verkenners.