Terrein

De Bank – Oranjeville

S 26° 57′ 45.0″ O 28° 13′ 04.7″
Die De Bank terrein is geleë op die oewer van die Vaaldam, naby Oranjeville. Die terrein is spesiaal ingerig vir waterwerkkampe, met lieflike grasperke, groot badkamergeriewe, ‘n saal en toegeruste kombuis. Die terrein verskaf ook slaapplek in houthuisies vir 65 mense. Tente word met gemak opgeslaan op die groot grasperke wat hierdie terrein geskik maak vir groot kampe.

Besprekings

Voortrekkers en lede van die publiek is beide welkom om die De Bank kampterrein te bespreek of selfs net ‘n staanplek. Kontak gerus vir Martin Janse van Rensburg, die terreinbestuurder by 072 070 2612 of debank@voortrekkers.org.za gedurende kantoorure.

NB: Besprekings word slegs deur Martin hanteer!

Aanwysings: (vir mense wat suid op die R59 ry)

  • Daar regs net voordat jy in Deneysville inry
  • Na 10.6km draai links en bly op die R716 (rigting Oranjeville) – daar is steeds slaggate op hierdie stuk pad
  • Na 13.4km draai links op Lake Straat (rigting Metsimoholo) net voordat jy Oranjeville inry
  • Na 1.4km is daar ‘n grondpad wat uitgaan na die linker kant, draai links op hierdie grondpad (jy moet oor twee stoppe ry)
  • Ry 0.45km aan, die pad draai na regs (rowwe stukkie grondpad, baie rooi grond), net nadat jy verby die ou murasie is, by die kragpaal, is ‘n pad wat links uitgaan – draai links op hierdie grondpad
  • Volg hierdie pad vir 1.6km – dit loop vas in die De Bank kampterrein

NOTA: Dit word baie sterk aanbeveel dat jy hierdie roete nagaan en seker maak dat jy weet waar die terrein is, alvorens jy in die kar klim en ry. Vat die koördinate en gaan kyk op Google Maps waar die terrein is en hoe jy moet ry om daar te kom.