Inskrywings
Beskou ons die volgende belangrike inligting:
- COVID-19-regulasies
- Kampreëls, bepalings en voorwaardes
- Vrywaring vir jeuglede
- Vrywaring vir volwassenes
Inskrywings word aanlyn deur middel van Wilgedraai se webblad hanteer en nie deur die kommando’s nie.
Inskrywings vir Wilgedraai Voortrekkerkamp 2020 het reeds gesluit en word daar dus geen verdere inskrywings aanvaar nie.
Baie belangrik:
Slegs die ouer of wettige voog van ʼn kind mag die aanlyn inskrywingsvorm voltooi, kinders mag onder geen omstandighede die vorm self voltooi nie. Die kampdagbestuur van Wilgedraai Voortrekkerkamp behou die reg voor om enige inskrywing, sonder ʼn opgaaf van redes, te weier.
Sperdatum vir inskrywings
Vrydag 16 Oktober 2020 (Inskrywings sal na hierdie datum gesluit word en geen verdere inskrywings sal aanvaar word nie.)
Betalings
Betalings word deur Wilgedraai Voortrekkerkamp self hanteer en nie deur die kommando’s nie. Ten einde in te skryf vir Wilgedraai Voortrekkerkamp word beide ʼn inskrywingsvorm en betaling vereis. Om jou of jou kind se plek op die kamp te verseker, is ʼn deposito van ten minste 50% van die totale kampkoste nodig. Vir afbetalingsopsies en -reëlings kan Nicoleen Thirion gekontak word by administrasie@wilgedraai.co.za. Die uitstaande balans moet teen Vrydag 16 Oktober 2020 betaal wees. Indien daar nie aan hierdie bepalings voldoen word nie, verbeur jy jou of jou die kind se inskrywing vir die kamp (en vir die kursus).
Bankbesonderhede
Rekeningnaam: Wilgedraai Voortrekkerkamp
Bank: FNB
Regeningnommer: 623 830 880 88
Takkode: 205 609
Verwysing: Soos verskaf met die voltooiing van die inskrywingsvorm.
Bewys van betaling moet gestuur word aan inskrywings@wilgedraai.co.za.
Wilgedraai geen tjeks of kontant aanvaar nie en kwitansies sal op versoek uitgereik word.
Aanmelding
Vrydag 23 Oktober 2020 om 18:00 vir alle kampeerders.
Vertrek
Vrydag 30 Oktober 2020 om 12:00 vir alle kampeerders. (Indien jy en/of jou kind die kamp vroeg moet verlaat, moet daar vooraf met die Kampleier ʼn reëling getref word. Niemand mag die kamp sonder toestemming verlaat nie.) Let daarop dat al die kursusse ʼn minimum bywooningsperiode het en indien jou kind nie vir ten minste daardie periode die kursus bygewoon het nie, mag Wilgedraai Voortrekkerkamp nie die betrokke kenteken toeken nie.
Terrein
De Bank Voortrekkerkampterrein (klik op die skakel vir die aanwysings.)
Vervoeropsies
Sien Wilgedraai Voortrekkers se inskrywingsvorms om vir jou of jou kind ʼn plek op die bus te bespreek. Indien daar nie van die kamp se busvervoer gebruik word nie, moet jy vir jouself of jou kind vervoer reël na en van die kamp.
Die volgende vervoer opsies is beskikbaar:
Beskrywing | Koste | |
Opsie 1 | Eie vervoer | R0,00 |
Opsie 2 | Bus (Retoer) | R320,00 |
Opsie 3 | Bus na die kamp | R250,00 |
Opsie 4 | Bus van die kamp | R250,00 |
Busse vertrek Vrydagmiddag 23 Oktober 2020 om 14:30 vanaf Hoërskool Menlopark, stop by die Highveld Engen 1 Stop en vertrek om 15:30 na die kamp. Busse vertrek Vrydag 30 Oktober 2020 om 12:00 vanaf die kamp, stop om 14:00 by die Highveld Engen 1 Stop en arriveer om 15:00 by Hoërskool Menlopark.
Verblyf
Kinders moet hulle eie tente saambring. Dit moet verkieslik ʼn twee- of driemantent wees. Ons kry van tyd tot tyd ʼn donderstorm so daar word aanbeveel dat genoeg ordentlike tentpenne saamgebring word. Wilgedraai Voortrekkerkamp voorsien nie tente vir verblyf nie. Ons beveel verder ook aan dat tente nie deur kampeerders gedeel word nie om sodoende sosiale afstand te behou.
Daar is beperkte slaapplekke in die chalets en houthuisies vir volwassenes. Slaapplek sal toegeken word soos volledige inskrywings en betalings verwerk word. Indien ʼn volwassene nie in ʼn chalet of houthuisie wil bly nie, moet hulle self ʼn tent of karavaan saambring.
Kursusse
Kursus | Spesialisasiekenteken(s) | Maksimum | Graad | Koste |
---|---|---|---|---|
Oewervernuf | Oewervernuf (O) | 25 | 7 | R1 020,00 |
Varswaterkunde | Varswaterkunde (O) Waterveiligheid (B) Riviere (O) |
60 | 8 | R1 020,00 |
Roeikunde | Roeikunde (V) Waterveiligheid (B) |
36 | 9 | R1 020,00 |
Varswaterhengel | Varswaterhengel (V) Waterveiligheid (B) |
20 | 9 en 10 | R1 020,00 |
Seilkuns | Seilkuns (V) Seilvernuf (V) |
42 | 10 | R1 220,00 |
Kampmedia | Kampkommunikasie (B) Fotografie (V) |
10 | 9, 10 en 11 | R1 020,00 |
Ruiterkuns | Ruiterkuns(V) Anglo-Boereoorlog (A) |
20 | 8, 9, 10, 11 en 12 |
R1 020,00 |
Vaandrigte | Waardes (C) Leierskap (L) Selfverdediging (B) Tradisionele Spele (A) |
12 | 10, 11 en 12 | R1 020,00 |
Motorbootkunde | Motorbootkunde (V) Waterveiligheid (B) |
20 | 11 en 12 | R1 520,00 |
Selfbehoud | Varswaterselfbehoud (B) | 32 | 11 en 12 | R1 020,00 |
Mas Luitenante | Volwasse lede | R875,00 |
Inpaklyste
Inpaklyste sal spoedig hier gepubliseer word.
Aanlyn winkel
Wilgedraai Voortrekkerkamp gaan nie hierdie jaar ‘n aanlyn winkel beskikbaar stel nie.
Snoepie
Daar sal deur die loop van die kamp ʼn snoepie beskikbaar wees. Hierdie snoepie is egter kontantloos. Ouers kan vir hulle kinders snoepiegeld oorbetaal deur middel van ‘n EFT in ons bakrekening. Hierdie geld sal dan op die Verkenner se bandjie (wat hulle by registrasie ontvang) geplaas word. Hierdie bandjie se strepieskode word dan gebruik om te betaal vir items by die snoepie. Ouers kan selfs gedurende die kamp nog snoepiegeld deur middel van hierdie proses vir hul kinders laai.
Algemene navrae
Navrae kan aan navrae@wilgedraai.co.za gestuur word. Van daar sal dit na die betrokke kampbestuurslid verwys word, wat dit sal opvolg.