Kursusse

KURSUS GR BESKRYWING
Oewervernuf 7 Tyd vir verkennerwees is hier! Kom roep jou laerskooljare vaarwel op die oewer van die Vaaldam en skop jou verkennerlewe af op hierdie avontuur-natuurkenteken. Ons gaan binne, buite en bo-op die dam leer, speel en kuier terwyl ons jou die vaardighede gaan leer en help slyp wat jy definitief in jou verkennerloopbaan gaan gebruik!

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Oewervenufkenteken ontvang.

Varswaterkunde 8 Varswaterkunde word aangebied deur ‘n groep jong, dinamiese fasiliteerders wat by die ver­kenners ‘n waterwerkgrondslag vestig. Bring jou binneband en kom baljaar saam met ons in die water!

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Varswaterkundekenteken ontvang.

Roeikunde 9 Kom ontdek die oewers van die ongerepte Vaaldam vanuit ‘n verskeidenheid van roeibote.

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Roeikunde- en Waterveiligheidskenteken ontvang.

Varswaterhengel 9, 10 Ons nooi jou om te kom leer hoe ‘n mens regtig hengel. As jy in Gr. 9 of 10 is, dan is Varswaterhengel net vir jou: buitelug, ster- en maanlignagte, water, sand en son, en nog vele meer.

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Varswaterhengel- en Waterveiligheidskenteken ontvang.

Seilkuns 10 Seilkuns gaan jou leer hoe om die krag van die wind en water te bemeester op ‘n pret ge­vul­de en aksiebelaaide manier. Is jy reg vir die uitdaging van die jaar?

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Seilkuns- en Waterveiligheidskenteken ontvang.

Kampmedia 9, 10 en 11 Wees deel van al die divisies en kom word ‘n kampjoernalis. Jy kry die kans om op te tree as joernalis, fotograaf, radio-omroeper en nog vele meer!

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Kommunikasie- en Fotografiekenteken ontvang.

Seilvernuf 11 en 12 As jy die opwinding wil ervaar van brekende branders oor die romp van ’n seiljag, dan is Seil­vernuf die divisie vir jou. Kom bemeester jou seiltegniek en kry ervaring op ‘n verskeiden­heid van seiljagte. (Die Seilkuns kenteken is ‘n voorvereiste.)

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Seilvernufkenteken ontvang.

Motorbootkunde 11 en 12 Motorbootkunde is een van die gewildste divisies op Wilgedraai, gekenmerk aan die rooi pet­te wat hulle dra. Hierdie groep spandeer baie tyd in ‘n motorboot en agter ‘n motorboot. Kom leer meer van aksie-sportsoorte wat jy op die water kan beoefen.

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Motorbootkundekenteken ontvang.

Selfbehoud 11 en 12 Hierdie is die “ultimate” Selfbehoud binne Die Voortrekkers. Kom kyk of jy het wat dit vat: Ontdek jouself! Ken jouself! Wen jouself!

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Waterselfbehoudkenteken ontvang.

Ruiterkuns 10, 11 en 12 Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die Ruiterkuns- en Anglo-Boereoorlogkenteken ontvang.
Vaandrigte 10, 11 en 12 Die Vaandrigdivisie fokus op die ontwikkeling van senior verkenners (Gr. 10, 11 en 12) se praktiese leierskapsvermoë binne die konteks van Wilgedraai Waterwerkkamp. Dit bied hulle die geleentheid om aktief hul leierskapsvaardighede te ontwikkel en te beoefen.

Na die suksesvolle afhandeling van hierdie kursus sal die verkenner die volgende kentekens ontvang:

  • Waardes (C)
  • Leierskapsvaardighede (L)
  • Selfverdediging (B)
  • Seremonies (L)
  • Tradisionele Spele (A)
Rowers Volwassenes