Bemarkingsboodskap 2013/01

Beste Verkenner, Ouer, Offisier, Staatmaker en Wilgedraai Kamper

Daar is slegs 60 dae oor voordat Wilgedraai Waterwerkkamp begin en net 33 dae voordat die inskrywings sluit!

Wilgedraai Waterwerkkamp word hierdie jaar vir die 26ste keer aangebied op die goue strande van die Vaaldam en bied elke Verkenner, Staatmaker en Offisier die geleentheid om bietjie te kom ontspan, voor die laaste kwartaal van 2013. Wilgedraai is ‘n avontuur belaaide kamp, waar almal pret op en langs die waters van die Vaaldam het. Verkenners het ook die geleentheid om nuwe vaardighede te ontwikkel, onder leiding van uitgesoekte spesialiste – professionele met jare se on­der­vin­ding in hul onderskeie velde.

Wilgedraai Waterwerkkamp bars jaarliks uit sy nate en kan ons met trots aankondig dat ons hierdie jaar, nie minder as, ses splinternuwe, opwindende divisies gaan aanbied: Varswaterhengel, Waterbeveiliging, Waterredding, Kampjoernalistiek, Spyseniering en ‘n graad 12 groep naamlik die Adelborste (soos in die vloot van ouds).

Of jy die volgende Bear Grylls is en of jy net bietjie wil kom ontspan en saam met jou vriende kuier, by Wilgedraai Waterwerkkamp sal jy vir jouself ‘n plekkie vind, waar die son op jou kan skyn en jy jouself mag wees. As jy alreeds op Wilgedraai gekamp het en of jy vir die eerste keer kom kyk wat regtig op Wilgedraai aangaan, SKRYF VANDAG IN!

Besoek Wilgedraai se webblad by www.wilgedraai.co.za vir al die inligting oor ons nuwe en bestaande divisies. Jy kan ook op ons “Briewe en Vorms” blad, die kampbriewe en inskrywingsvorms aflaai – jy sal al die inligting, wat jy mag nodig hê, daar kry.

Vir díe wat jonk van gees is, gaan soek Wilgedraai se Facebook bladsy op by www.facebook.com/wilgedraai en “Like” die bladsy. Ons plaas van tyd-tot-tyd relevante kennisgewings vir Wilgedraai kampers daar. Ons het ook ons lus-maker-videotjie daar (en op YouTube) gepubliseer…

As die rustigheid van die water jou roep of die brekende branders die adrenalien in jou are laat pols… moenie langer wonder nie… moenie langer wag nie… skryf vandag in vir die ervaring van ‘n leeftyd! Skryf nou in vir Wilgedraai Waterwerkkamp 2013.

Vriendelike Wilgedraai Groete

Wilgedraai Waterwerkkamp – die kamp waar jy jouself mag wees!