6 Nuwe Divisies en die Rowerkursus

Wilgedraai Waterwerkkamp bied in 2013 ses nuwe divisies vir Verkenners aan asook die Rowerkursus vir volwassenes.

Verkenners kan nou inskryf vir:

  • Varswaterhengel – Buitelug, sterlignagte, water, sand en son. ‘n Spesialis kursus wat deur ‘n Springbok-hengellaar aangebied word.
  • Waterredding – Die gevorderde kursus na Waterveiligheid wat jou ‘n wys wat dit vat om ‘n lewensredder te wees.
  • Waterbeveiliging – Hierdie divisie leer hoe om veiligheid op en langs die water te benader en te beheer.
  • Spyseniering – Hierdie divisie is vir enige een wat graag na Wilgedraai Waterwerkkamp wil kom, maar nie noodwendig op die water wil gaan nie. Kom leer nuwe resepte en tegnieke om ‘n groot kamp se mae vol te hou.
  • Kampjoernalistiek – Wees deel van al die divisies en kom word ‘n kampjoernalis. Jy kry die kans om op te tree as joernalis, fotograaf, radio-omroeper, DJ en nog vele meer!
  • Adelborste Die Gr. 12 divisie wat fokus op pret en avontuur. Hierdie is nie ‘n elite kursus nie, m.a.w. geen keuring is nodig nie.

Hierdie jaar word die Rowerkursus weer op Wilgedraai Waterwerkkamp aangebied. Om ‘n Rower te wees, is om ‘n positiewe en gemotiveerde volwassene te wees – om deel te wees van ‘n groep goed opgeleide vriende wat met toewyding en entoesiasme waterwerk in Die Voortrekkers bevorder. (Daar is egter slegs 15 plekke beskikbaar, so skryf dadelik in om jou plek te verseker.)

Die sluitingsdatum vir Wilgedraai Waterwerkkamp inskrywings is Maandag, 26 Augustus 2013. Inskrywingsvorms kan elektronies voltooi en aan inskrywings@wilgedraai.co.za gestuur word.

Vir meer inligting oor die divisies, terrein, ens. besoek gerus Wilgedraai Waterwerkkamp se webblad by www.wilgedraai.co.za en ons Facebook blad by www.facebook.com/Wilgedraai. As jy nog nie hierdie blad ge-like het nie, kliek op die “Like” knoppie om deel te word.

Vriendelike Wilgedraai Groete

Wilgedraai Waterwerkkamp – die kamp waar jy jouself mag wees!