2013 se Inpak Lyste is Beskikbaar

Ahoy Wilgedraaiers!

Wilgedraai Waterwerkkamp se inpak lys is op ons webblad gepubliseer onder die “Briewe en Vorms” skakel http://www.wilgedraai.co.za/briewe-en-vorms/

Gaan laai asseblief hierdie lys af en maak seker dat jy alles, wat nodig is, saamvat kamp toe. Indien jy enige navrae het, stuur ’n e-posboodskap aan navrae@wilgedraai.co.za. Die belangrikste items is:

  1. ’n Duidelik gemerkte reddingsbaadjie;
  2. Waterskoene wat jy in die water en op die bote kan dra (sien lys vir meer detail);
  3. ’n Waterbottel;
  4. Aktiewe Voortrekkerdrag; en
  5. Twee rolle toiletpapier en twee 500g pakke beskuit of koekies

Selfbehouders, julle sal julle inpak lyste saam met jou persoonlike brief kry. Hierdie briewe sal voor Vrydag, 6 September 2013 aan elkeen, individueel gestuur word. Indien jy nog nie jou brief teen Vrydag ontvang het nie, stuur net vir ons ’n e-posboodskap aan navrae@wilgedraai.co.za, dan stuur ons dit vir jou aan.

Ons sien daarna uit om jou by die Wilgedraai Waterwerkkamp van 2013 te verwelkom!

Vriendelike Wilgedraai Groete
Wilgedraai Waterwerkkamp – die kamp waar jy jouself mag wees…